2-jarige sterf in Pretoria-ongeluk

ʼn Tweejarige seuntjie is dood nadat hy Maandagaand deur ʼn voertuig in Pretoria, raakgery is.

Volgens Jeffery Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die voorval naby die kruising van Rienielaan en Bloubergstraat in Eersterust plaasgevind.

“Die seuntjie is deur die impak vorentoe geslinger. Met paramedici se aankoms het sy liggaam in die pad gelê. Hy het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie seker nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.