2-jarige verdrink amper by Ballito

Ballito

‘n Tweejarige dogtertjie het Saterdagmiddag byna verdrink by ‘n strand in Ballito.

“Haar ma het haar uit die water gehaal, sy het met haar gesig na onder gedryf,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. Netcare911 se motorfietseenheid was binne ‘n paar minute op die toneel en het haar suurstof begin gee. Sy is later in ‘n stabiele toestand na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae