2-jarige verdrink byna in Richardsbaai

ʼn 2-jarige dogtertjie het Donderdagmiddag byna in ʼn swembad in Richardsbaai verdrink.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het by ʼn huis in Paarlinweg by Meer-en-See plaasgevind. “Die gesin het die dogtertjie op die swembad se bodem gevind en haar uit die water gehaal. ʼn Buurman het mond-tot-mondasemhaling begin toepas terwyl die gesin hulp ontbied het,” het Botha gesê.

“Toe paramedici op die toneel kom, het die kind nie reageer nie. Hulle het by die buurman oorgeneem en gevorderde mond-tot-mondasemhaling toegepas. Die kind is op ʼn ventilator geplaas en na die Netcare Bay-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Volgens Botha kon dokters daarin slaag om haar lewe te red waarna sy in ʼn kritieke toestand na die hoësorgeenheid verskuif is.

Maroela Media wag nog vir kommentaar van die hospitaal om ʼn opvolg op die dogtertjie se toestand te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.