2-jarige verdrink in Lynnwood, Pretoria

ʼn Tweejarige seuntjie het Maandag by sy huis in Lynnwood, Pretoria verdrink.

Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, sê sy ouers het hom omstreeks 15:00 in die swembad ontdek. Hulle het hom na ʼn nabygeleë dokter gehaas, waar die seuntjie steeds in ʼn ernstige toestand was. Die seuntjie is na die hospitaal geneem, maar is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.