2-jarige verdrink in Randfontein

‘n Tweejarige dogtertjie het Saterdagmiddag in ‘n swembad by haar ouerhuis in Randfontein verdrink.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die kleuter in die water geval en was sy vir ‘n onbekende tydperk onder die water. “Gesinslede het die meisie uit die water gehaal en dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Paramedici het oorgeneem toe hulle by die toneel opgedaag het. Haar toestand was kritiek en het ongelukkig baie vinnig agteruit gegaan. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Wicks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.