‘n Tweejarige dogtertjie het Saterdagmiddag in ‘n swembad by haar ouerhuis in Randfontein verdrink.
Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die kleuter in die water geval en was sy vir ‘n onbekende tydperk onder die water. “Gesinslede het die meisie uit die water gehaal en dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Paramedici het oorgeneem toe hulle by die toneel opgedaag het. Haar toestand was kritiek en het ongelukkig baie vinnig agteruit gegaan. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Wicks gesê.