2 mense dood aangetref in Hazyview, Mpumalanga

Twee mense is dood aangetref in bosse naby Hazyview, het die polisie in Mpumalanga Vrydag gesê.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê beide is in hul nek geskiet. Thomas Mabhena (48) ‘n drywer vir die Mbombela-munisipaliteit en Martha Mashele (32) is Donderdag dood in ‘n munisipale voertuig aangetref. “Polisie op patrollie het die wit Ford Bantam opgemerk wat aan die munisipaliteit behoort. Die voertuig het in ‘n bos naby Hazyview gestaan,” het Hlathi gesê. Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.