2 mense dood ná hul vliegtuig neerstort

Twee mense is dood na hul ligte vliegtuig Saterdagoggend by Poortjie, Randfontein neergestort het, het paramedici gesê.

“Paramedici is na die toneel ontbied waar die vliegtuig teen ‘n plakkershuis gebots het”, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 gesê. “Die vlieënier en sy mede-vlieënier (‘n man en ‘n vrou) is opslag dood.” Volgens Wicks het twee kinders in die huis geslaap toe die ongeluk gebeur het. Die kinders is nie beseer nie, maar paramedici het hulle vir skok behandel. Wicks sê dit blyk of die vliegtuig in kragdrade oor die digbeboude gebied vasgevlieg het. Die vliegtuig het toe op die plakkershuis neergestort. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die burgerlike lugvaartowerheid ondersoek word, het Wicks gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.