2 polisielede dood, derde beseer ná kop-teen-kop botsing

Twee polisiebeamptes is dood en ‘n derde ernstig beseer na ‘n kop-teen-kop botsing Saterdagoggend op die N2 naby Winkelspruit, Amanzimtoti, het die KwaZulu-Natal vervoerdepartement gesê.

Woordvoerder Kwanele Ncalane het gesê twee polisiebeamtes het in ‘n privaatvoertuig gereis toe hul in ‘n amptelike polisievoertuig vasgery het. Een van die bestuurders het beheer oor sy voertuig verloor. Die polisiebeamptes is opslag oorlede en die polisielid in die amptelike voertuig is ernstig beseer. Ncalane die ongeluk het moontlik weens die swaar reën in die gebied plaasgevind. “Ons doen ‘n beroep op alle motoriste om versigtig in dié weersomstandighede te bestuur,” het hy gesê. Hy het die voorval as ‘n “reuse terugslag” beskryf.  Hierdie tipe ongelukke beroof die land van vaardige personeel wat ‘n betekenisvolle bydrae tot die samelewing lewer, het Ncalane gesê. Die polisie in die provinsie was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.