2 sterf, kind kritiek ná bakkie sonder kappie rol

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee mans is dood en ʼn 10-jarige meisie is kritiek beseer nadat die bakkie waarop hulle gery het Maandag in die Vrystaat gerol het.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, sê die slagoffers was deel van ʼn groep van agt mense wat agterop ʼn bakkie, wat nie ʼn kappie gehad het nie, vervoer is.

“Die bestuurder het glo op ʼn grondpad beheer oor die bakkie verloor naby Reddersburg, waarna die voertuig gerol het,” het Majija gesê.

Die twee mans is op die toneel dood. Die meisie is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die res van die beseerdes is op die toneel behandel, waarna hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling en waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.