2 verdagtes dood, polisieman geskiet ná huisrooftog

Foto: LookLocal Lenasia

‘n Verdagte is Maandag doodgeskiet en ‘n ander het glo selfmoord gepleeg tydens ‘n skietery met die polisie in Lenasia, suid van Johannesburg.

Volgens die polisie het die verdagtes glo probeer om ‘n huis te beroof, waarna die huiseienaar die polisie gekontak het. Die verdagtes het, na bewering, eerste begin skiet. Een verdagte is noodlottig gewond, terwyl die tweede verdagte glo selfmoord gepleeg het toe hy besef hy is vasgekeer. ‘n Verdagte, wat aanvanklik eerste op die polisie begin skiet het, het probeer vlug, maar is later in ʼn nabygeleë erf aangekeer.

‘n Polisiebeampte is in die skietgeveg in die been geskiet en is in die hospitaal opgeneem.

Volgens LookLocal Lenasia het die polisie het op drie 9mm-pistole beslag gelê. Die polisie ondersoek gerugte dat daar nog mans by die rooftog betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.