2 vroue in Limpopo vermoor

Twee vroue is vermoor na ʼn huishoudelike onderonsie in Bela Bela, Limpopo.

Lt.kol. Ronel Otto sê die 26-jarige Lehlagonolo Salome Mowatsi was omstreeks 22:00 Dinsdagaand in ʼn argument met haar mansvriend gewikkel toe haar vriendin, Sarah Morukhulad (19), die vrede probeer bewaar het. Otto sê die mansvriend het die twee vroue toe gesteek en gevlug. “Ten spyte van haar beserings, het Mowatsi na haar bure gehardloop waar sy inmekaargesak en gesterf het,” het Otto gesê. Morukhulad het in die huis in Skierlik, Bela Bela, waar die argument plaasgevind het, gesterf. Die mansvriend is nog nie in hegtenis geneem nie, maar die polisie is op sy spoor, het Otto gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.