2 wat ambulansvroue verkrag kry 8 lewenslange vonnisse

Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag twee mans skuldig bevind wat twee ambulansvroue verkrag het terwyl hulle aan diens was.

Die twee vroue is in Maart 2010 in ’n myndorpie naby Roodepoort uit hul ambulans geruk en verkrag. Die voorval het by die Durban Deep-myndorpie plaasgevind toe die twee vroue op ’n noodoproep reageer het om ’n 18-maandeoue seuntjie te gaan help wat met kookwater gebrand het.

Richard Tshifhiwa Luruli (29) en Michael Khorombi (30) is elk agt lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting, berig Beeld. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Hulle is ook elk vir 35 jaar tronk toe gestuur vir roof en ander seksuele misdrywe. Dié vonnisse word afsonderlik uitgedien. Regter Sherise Erica Wiener het die uitspraak gelewer.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.