20 beseer na kerkvloer meegee

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x212Twintig mense is Sondag beseer nadat ʼn gedeelte van ʼn kerk se vloer in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal meegegee het.

Volgens paramedici van ER24 het ʼn gedeelte van die kerk in Old Mainweg in Edendale se boonste vloer meegegee. Paramedici het 20 mense op die toneel vir geringe beserings behandel voor hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling. Dit is nog nie bekend hoekom die vloer meegegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Gonnas ek is dankbaar ek was nie in daardie kerk op daardie tydstip nie! Wonder of die gebou oud was en of dit die werk van termite was? Ek dink jy skrik jouself uit jou geloof uit as so iets plaasvind. Jy dink jy sit of staan nog dan le jy al! Hierts!! Watter nare ondervinding tog nie.

Amy ·

Dalk het te veel ge-jubel en ge-juig (op-en-af-gespring)? Hehe. Hulle kan mos lekker kerk hou .

Paul ·

Amy, wat se kerk was dit, was jy daar en het jy saam gejubel en gespring? Vra maar net.

Amy ·

Nope Paul, maar ek kon daar gewees het. Ek ken van. Ek is ook in een van die jubel-en-juig-kerke, maar ons doen dit altyd op die grondvloer. ALTYD!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.