20 dood in gru-ongeluk op N1

ʼn 20ste persoon is dood na ʼn botsing Dinsdagoggend tussen twee taxi’s en ʼn vragmotor in die Karoo in die Wes-Kaap.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê ʼn taxi met ʼn sleepwa het na bewering teen ʼn stilstaande vragmotor gebots. Die taxi het omgeslaan nadat ʼn ander taxi dit glo van agter getref het. Die ongeluk het Dinsdagoggend omstreeks 1:00 tussen Leeu Gamka en die Prins Albert-pad plaasgevind. Ses mans, twee seuns en 12 vroue is in die ongeluk dood terwyl 16 mense beseer is. Opruimingswerk was Dinsdagoggend steeds aan die gang op die hoofweg. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.