20 jaar vir huishoudster wat kind rondgooi

‘n Huishoudster van Indonesië wat op video afgeneem is terwyl sy ʼn vier maandeoue babaseuntjie rondgooi, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. 

Die huishoudster, slegs bekend as Yuliana, het Dinsdag skuldig gepleit aan poging tot moord en fisieke aanranding van ‘n baba. Sy is deur die Kuantan-hof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord en ʼn verdere vyf jaar vir fisieke aanranding. Die regter, Mohd Azhar Othman, het aangevoer dat die swaar vonnis bedoel is as ‘n afskrikmiddel en ‘n les vir die huishoudster en publiek.

Maroela Media het Maandag berig die huishulp is in hegtenis geneem nadat sy die babatjie hardhandig behandel en soos ʼn pop rondgegooi het. Die polisie in Maleisië sê die vrou is in Kuala Lumpur, Indonesië, in hegtenis geneem.

Klik hier om ‘n video van die voorval te sien. WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.