20-jarige vas oor vier moorde

handcuffs3-320x257ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vier vroue in Hazyview, Mpumalanga.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het aan die polisie erken dat hy die moorde gepleeg het nadat sy oom hom aan die polisie oorgegee het. Hlathi sê dit kom nadat die liggaam van ʼn 16-jarige meisie Saterdag in ʼn straat gevind is. Die verdagte het erken dat hy die meisie na haar ouers se huis vergesel het en dat hy haar op pad verkrag en met ʼn baksteen teen haar kop geslaan het. Die man het ook erken dat hy verlede maand ʼn 58-jarige vrou in haar huis vermoor het. Die vrou is verkrag, gewurg en met ʼn hamer oor die kop geslaan. Hlathi sê die verdagte het ook erken dat hy verlede maand twee bejaarde vroue, onderskeidelik 75 en 82 jaar oud, in hul huis vermoor het. Die verdagte het Maandag in die Calcutta-landdroshof verskyn en die saak is tot Woensdag uitgestel. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ek ·

Nie ‘n 20 jarige man nie, maar ‘n 20 jarige swart verkragter en moordenaar.
Hy moet onder geen omstandighede borg toegestaan word nie. Die stuk drek hoort ook nooit weer die buitekant van ‘n tronk te sien nie.
Ons regstelsel het nie die regte staf vir hom nie. Gestel hy kry 8 x lewenslange tronkstraf, dit word tesame uitgedien en hy is op 40 jarige op parool uit. Met ‘n universiteit graad of twee, as hy wil studeer en dit dan sonder studieskuld. Hulle reël dan nog vir hom ‘n werk en hy pleeg maar weer die soort misdaad na ‘n paar maande. Hoe voorspelbaar????????????

Jasper ·

Gaan kyk hoeveel sake is daar teen Korrektiewe Dienste waar krimminele vrygelaat was en dan net weer voortgaan met hul dade.

Cindy ·

Ek bly in Hazyview. Dit voel soos een van Irak se voorstede. Daar is ekstra polisielede in ons dorp op die oomblik, maar vir hoe lank?

Jasper ·

Om van n Pitsweer ontslae te raak moet jy die pit verwyder anders gaan die ding nooit gesond word nie.
Hierdie onbeskryflike wesens moet soos “pitte” uit ons samelewing verwyder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.