20 laerskoolkinders dood ná “vergiftigde” middagete

‘n Middagete van lensies en rys is aan die kinders bedien

Twintig laerskoolkinders is dood nadat hulle ʼn gratis ete by ʼn skool in oostelike Indië geëet het, het beamptes Woensdag gesê.

“ʼn Voorlopige ondersoek het bepaal dat die kos moontlik ʼn giftige chemikalieë bevat het,” het P.K. Shahi, minister van die departement van onderwys in die land, aan AFP gesê. “Dertig kinders is steeds siek in die hospitaal nadat hulle kos, wat by die skool voorberei is, geëet het.”

Die 20 kinders, almal jonger as 10 jaar oud is, is Woensdagoggend naby die skool begrawe terwyl honderde inwoners teen die sterftes betoog het. “Honderde ontstoke mense betoog reeds sedert Dinsdagaand in die Saran-distrik en eis dat stappe gedoen moet word teen die regeringsbeamptes, wat vir die skokkende voorval verantwoordelik is,” het S.K. Mall, regeringsbeampte, gesê.

“ʼn Voorlopige ondersoek het bepaal dat die lensies-en-rys-middagete wat Dinsdag aan die kinders bedien is, moontlik spore van fosfaat uit insekdoder kon bevat,” het Amarjeet Sinha, plaaslike regeringsbeampte, gesê.

“Die oorsaak van die sterftes kan organofosfaat-vergiftiging weens insekdoder in die groente wees,” het Sinha aan AFP gesê. “Die dokters behandel slagoffers met atropien.”

ʼn Volledige ondersoek na die voorval sal gedoen word.

Van die inwoners het egter aan plaaslike media gesê die gebruik van vuil, onwelriekende mosterdolie wat vir kosvoorbereiding by die skool gebruik word, kan ook die sterftes veroorsaak het.

Nitish Kumar, minister, het aangekondig dat elke familie 200 000 rupees (sowat R33 000) in vergoeding sal ontvang.

Arm skoliere ontvang in talle van Indië se 29 state gratis etes in staatskole as deel van maatskaplike maatreëls wat deur die regering ingestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.