200km/h met ‘n passasier en damesbroekie oor die nommerplaat

ʼn Motorfietsryer het ʼn damesbroekie gebruik om sy nommerplaat te bedek om sodoende spoedoortredingsboetes in Johannesburg vry te spring.

Die Star berig dat die Ekurhuleni metropolisie uiteindelik die 48-jarige man en sy vroulike passasier met behulp van ʼn helikopter ná ʼn hoëspoed-jaagtog afgetrek het. Die voorval het Dinsdagoggend op die N17-snelweg plaasgevind. Die man het uiteindelik naby die afrit naby Randse Lughawe afgetrek toe hy besef dat hy nie die polisie-helikopter bo hom kan ontvlug nie. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir Ekurhuleni metropolisie het gesê die beamptes op die grond kon nie by die motorfietsryer wat teen ongeveer 200 km/h gejaag het bybly nie. Die damesbroekie is gebruik om die Triumph-motorfiets se nommerplaat te bedek om sodoende te keer dat hy deur spoedkameras identifiseer kan word. Volgens Kgasago het die man glo gesê hy is laat vir ʼn afspraak. Die bestuurder sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Germiston verskyn op aanklagte van dwarsboming van die gereg. Die man sal nie aangekla word van roekelose of nalatige bestuur nie, aangesien die beamptes nie ʼn spoedmeter by hulle gehad het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.