2012 was warmste jaar ooit in Amerika

Verlede jaar was die warmste jaar ooit in Amerika se geskiedenis.

Volgens die Amerikaanse Klimaatagentskap was die gemiddelde temperatuur 0,56 grade Celsius warmer as die vorige rekordjaar, 1998.

Die gemiddelde temperatuur was 1,77 grade warmer as die algehele gemiddeld vir die 20ste eeu.

Vroeër het die Weer- en Oseonografiese gesagsowerheid bekend gemaak dat Julie 2012 die warmste maand ooit was. ‘n Ou rekord van 1936 uit die berugte Dust Bowl-era, het toe in die slag gebly, met ‘n gemiddelde temperatuur van 25,3 grade.

Amerika  het verlede jaar ook elf klimaatsverwante rampe beleef, waaronder die storms Isaac en Sandy. Die gesamentlike skade beloop sowat ‘n miljard dollar.

Hawaii en Alaska is buite rekening gelaat.

In Augustus het die Amerikaanse wetenskaplike, James Hansen, gesê klimaatsverandering deur die toedoen van die mens is vir meer gereelde voorkoms van baie warm somers verantwoordelik. Hy het gesê die situasie is ernstiger as wat 20 jaar gelede gemeen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.