2013 se Grammy-wenners

Die groepe Mumford & Sons, Black Keys en Fun was Sondagaand se groot wenners by die 55ste Grammy-toekennings by die Staples Center in Los Angeles.

Mumford & Sons se “Babel” het Sondagaand die Grammy-toekenning vir album van die jaar gewen. Hulle het ook die toekenning vir beste musiekvideo gewen. Die groep Fun het liedjie van die jaar gewen vir “we are young” sowel as beste nuwe kunstenaar. Black Keys se Dan Auerbach het vier toekennings gewen.

Hier is ʼn lys van wenners in die hoofkategorieë:

– Album van die jaar: Babel, Mumford & Sons

– Opname van die jaar: “Somebody That I Used to Know,” Gotye ft. Kimbra

– Liedjie van die jaar: “We Are Young,” Fun

– Nuwe kunstenaar: Fun

– Pop-solovertoning: “Set Fire to the Rain (Live),” Adele

– Popalbum: Stronger, Kelly Clarkson

– Rockvertoning: “Lonely Boy,” The Black Keys

– Kontemporêre album: Channel Orange, Frank Ocean

– Rap/sang vertoning: “No Church in the Wild,” Jay-Z, Kanye West ft. Frank Ocean, The-Dream

– Country-vertoning: “Blown Away,” Carrie Underwood

– Countryalbum: “Uncaged”, Zac Brown Band

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.