Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het Maandagaand bekend gemaak dat 2013 matriekslaagsyfer 78,2% is.
Motshekga sê die slaagsyfer het met 4,3 persentasiepunte gestyg van 2012 se 73,9%. Sy sê 2013 se slaagsyfer het die departement se teiken van 75% teen 2014 oorskry. Meer as 562 112 kandidate het matriek geskryf. ʼn Totaal van 59,1% van leerders het wiskunde in 2013 geslaag. Elke provinsie behalwe die Noord-Kaap se slaagsyfer het verbeter in vergelyking met 2012. Die Vrystaat was die top-presterende provinsie met ʼn slaagsyfer van 87,4% in vergelyking met 2012 se 81,1%. Die Oos-Kaap het slegste gevaar met ʼn slaagsyfer van 64,9% in vergelyking met 2012 se slaagsyfer van 61,4%.
Ander provinsies se slaagsyfers:
Die matrikulante van 2013 het 67 855 onderskeidings in die 12 hoofvakke behaal in vergelyking met die 55 650 van 2012. “Ek wens die klas van 2013 geluk aangesien hulle die beste klas is sedert die aanbreek van demokrasie,” het Motshekga gesê.