2013 se Oscar-wenners

Ben Affleck se Argo was die groot wenner by die 83ste Oscar-toekennings wat Sondagaand by die Dolby-teater in Hollywood gehou is.

Argo, wat handel rondom die opstande van November 1979 in Teheran, Iran, het onder meer die toekennings ontvang vir beste rolprent, beste skryfwerk (aangepaste draaiboek) en beste rolprentredigering.

Só lyk die ander groot wenners:

Beste Akteur in ʼn hoofrol
Daniel Day-Lewis vir Lincoln

Beste Aktrise in ʼn hoofrol
Jennifer Lawrence vir Silver Linings Playbook

Beste Regie
Life of Pi

Beste Skryfwerk (Oorspronklike draaiboek)
Django Unchained

Beste Liedjie
Adele vir Skyfall

Beste Musiek
Life of Pi

Beste Produksie-ontwerp
Lincoln

Beste Klankredigering
Zero Dark Thirty en Skyfall deel die toekenning

Beste Klankvermenging
Les Misérables

Beste Anderstalige rolprent
Amour

Beste Dokumentêre rolprent
Searching for Sugar Man

Beste Dokumentêre rolprent (Kort)
Inocente

Beste Kortrolprent (Lewende aksie)
Curfew

Beste Grimering en haarstilering
Les Misérables

Beste Kostuumontwerp
Anna Karenina

Beste Visuele effekte
Life of Pi

Beste Kinematografie
Life of Pi

Beste Animasie-rolprent
Brave

Beste Kortrolprent (Animasie)
Paperman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.