2013 se SA motor van die jaar is…blitsig

Foto: www.caroftheyear.co.za

’n Tweesitpleksportmotor het vir die eerste keer met die louere van Suid-Afrika se motor van die jaar weggery.

Die Porsche Boxster 2.7 is gisteraand tydens ʼn spoggeleentheid van die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) as die wenner aangewys. Die Porsche Boxster PDK 2.7 kos sowat R639 000. Dit het ’n sessilinderenjin wat 195 kW uitskop. Die Boxster versnel van 0-100 km/h binne vyf sekondes en het ʼn topspoed van 264 km/h. Die SAGMJ bied sedert 1986 die kompetisie aan.

Die Porsche Boxster het teen die Hyundai i30 1.8 Executive, BMW 320i Outo, Nissan Juke 1.6 DIG-T Tekna, Range Rover Evoque Si4 Dynamic, Toyota 86 High, Kia Rio 1.4 TEC, Lexus GS 350 EX, , Opel Meriva 1.4T Cosmo, Ford Ranger 3.2 XLT 4×4 Dubbelkajuit, Toyota Yaris 1.5 HSD Xs en die Mercedes-Benz B180 CDI BlueEFFICIENCY te staan gekom.

Vorige wenners:

2012 – Hyundai Elantra 1.8 GLS
2011 – BMW 520d en VW Polo 1.6 TDI
2010 – VW Golf 6 1.4 TSI
2009 – Honda Accord 2.4
2008 – Mazda2 1.5
2007 – Honda Civic 1.8 VXi Sedan
2006 – Audi A3 Sportback 2.0T
2005 – Volvo S40 2.4i
2004 – Renault Megane 1.9 dCi
2003 – VW Polo 1.4 TDI
2002 – Audi A4 1.9 TDI
2001 – BMW 320d
2000 – Renault Clio 1.4 RT
1999 – Alfa Romeo 156 2.0 T-Spark
1998 – Ford Fiesta Fun
1997 – BMW 528i
1996 – Audi A4 1.8
1995 – Opel Astra 160iS
1994 – Opel Kadett 140
1993 – BMW 316i
1992 – Nissan Maxima 300 SE
1991 – Opel Monza 160 GSi
1990 – BMW 525i
1989 – Toyota Corolla GLi
1988 – BMW 735i
1987 – Mercedes-Benz 260E
1986 – Toyota Corolla GLi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.