2013 se wêreldgebeure in een tekening

Die tekening volg onderaan die berig. Mario Zucca, ʼn vryskut-illustreerder, het ʼn tekening gemaak van al die belangrikste gebeure uit 2013.

“Here’s to 2013” is deur Zucca vir die maatskappy Beutler Ink geteken, berig die LA Times. Daar is bykans 90 gebeurtenisse wat in die tekening vervat is, insluitend Edward Snowden se openbaarmaking, Miley Cyrus se danstegnieke tot Paul Walker en Nelson Mandela se afsterwe, die vrystelling van Grand Theft Auto en selfs Kevin Spacey se suksesvolle televisiereeks, House of Cards.

Zucca verduidelik op sy blog dat hy lank beplan het aan die tekening. Hy moes eers die verskeie gebeurtenisse in kategorieë plaas en daarna het hy ʼn kaart geteken van waar alles sou pas.

Hy het ʼn selfportret ook laat inglip, hy is die kameraman regs onder met ʼn Pirates T-hemp wat by die Red Sox 2013 wêreldreeks foto’s neem.

Klik hier om ʼn groter weergawe van die tekening te sien.

"Here's to 2013" deur Mario Zucca

“Here’s to 2013” deur Mario Zucca

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.