2013 skole toelating begin reeds in Mei

Die registrasieproses vir 2013 se skooljaar gaan vanjaar reeds in Mei afskop.

Gauteng se departement van onderwys het vandag laat weet nuwe regulasies is in plek gestel om laat toelatings te bekamp.

Volgens Charles Phahlana, die departement se woordvoerder, het die departement vanjaar nagenoeg 15 000 laat aansoeke ontvang.

“Deur die registrasieproses drie maande vroeër te maak, sal die departement in staat wees om behoorlik vir die eerste skooldag van 2013 voor te berei,” het Phahlana gesê.

Ouers word versoek om tussen 22 Mei en 27 Julie vir volgende jaar te registreer. Registrasievorms is reeds by skole beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.