Die temperatuur in 2013 was gemiddeld 0,5 grade warmer as die langtermyngemiddeld, wat dit een van die tien warmste jare sedert 1850 maak toe met die meting begin is.
Saam met 2007 was dit die sesde warmste jaar, aldus die VN se meteorologiese instituut (WMO).
2013 was die 28ste agtereenvolgende jaar wat die gemiddeld hoër was as die langtermyngemiddeld, bekend as die nullyn.
Volgens die instituut was 13 van die 14 warmste jare in die 21ste eeu. 1998 is die 14de, weens die effek van El Niño. In 2013 was daar geen spoor van El Niño nie, maar ook nie van La Niña nie. Hierdie neutrale posisie word deur talle as die oorsaak beskou van die huidige uiterste weerstoestande wat in verskeie dele van die wêreld voorkom.
Die instituut verwag dat die temperatuur weens die teenwoordigheid van rekordvlakke kweekhuisgasse sal bly toeneem.
Die WMO se volledige mediaverklaring kan hier gelees word.
Lies, damn lies, statistics.