21 miljoenêrs steeds soek

21 Miljoenêrs is steeds soek ná Vrydagaand se rekord-lotery by die Olimpiese Spele.

79 Miljoenêrs van die EuroMillions miljoenêr-lotery het reeds hul £1 miljoen-prys opgeëis, wat die vorige rekord van 25 miljoenêrs in een aand, op 23 Desember 2011, gebreek het. Die Nasionale Lotery soek steeds na die 21 vermiste wenners. 100 persone het elk £1 miljoen in dié spesiale trekking, om die openingseremonie van die Olimpiese Spele te vier, gewen.

“Ons versoek alle spelers om hul kaartjies na te gaan,” het ‘n woordvoerder van die Nasionale Lotery gesê.

Mense kan www.national-lottery.co.uk besoek om te kyk of hulle moontlik een van die miljoenêrs is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.