21 skoolkinders in onpadwaardige Toyota Venture

Toyota Venture

Argieffoto

ʼn 25-jarige man is Maandag met R2 300 beboet nadat hy 21 skoolkinders sonder die regte lisensie in ʼn onpadwaardige voertuig vervoer het.

Volgens hoof.supt. Wilfred Kgasago, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie in Gauteng, is die Toyota Venture van die pad af getrek terwyl dit in die noodbaan van Leandaleweg in Katlehong gery het.

Die voertuig het skoolkinders tussen die ouderdom van vier en 10 jaar oud vervoer. “Die voertuig se remme is foutief, die deurhandvatsels en passasiervensters is stukkend, die voertuig se buitebande is glad, die stuurwiel is foutief en al die ligte is nie in ʼn werkende toestand nie,” het Kgasago gesê.

Kgasago het ouers en onderwysers aangeraai om seker te maak dat hul kinders veilig vervoer word en het gesê onpadwaardige voertuie moet aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willy ·

Nee wat Kgasago skrik te gou. Daardie Toyota taxi is nog in ‘n mint kondisie as ek die defekte lees.

JAVR ·

Ja nee wat Willy! Ek ry by VEEL ERGER skoolbusse verby in die oggende! Hy kan nog myle ver gaan sonder enige probleme! Stop die ou net ‘n R100 in die sak en jy is weer oppad.

Willy ·

Ja ek stem saam JAVR. Daai kussiet word te gou bang en bygelowig.

JAVR ·

Hy wou seker beslag lê op die ding sodat hy sy skoonma daarin kon rondstuur!

Seg Net ·

Wat van die blixem agter die stuur? Is dit nie ook sy verantwoordelikheid om toe te sien dat die voertuig wat dit bestuur padvaardig moet wees nie? Hy is ‘n potensiële moordenaar.

Jasper ·

Solank die kar loop en die geld inkom is daar mos nie probleme nie. Hakuna Matata !

Maggie ·

Daar ry hordes van hulle in ons land, ek wil net nie by wees as daar ‘n band bars en onskuldige wetsgehoorsame mense sterf nie. Asb mense rapporteer sulke voertuie, hou aan en aan tot daar iets aangedoen word. Ons is dit aan ons geliefdes verskuldig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.