22 mense beseer in Boksburg kettingbotsing

Altesaam 22 mense is beseer, waavan een kritiek, nadat drie voertuie Donderdagoggend in ʼn kettingbotsing in Boksburg betrokke was.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk op Van Wyk Louwweg in Parkrand plaasgevind.

“ʼn Bakkie, kar en oorlaaide taxi was in die ongeluk betrokke. Dit is nog nie seker wat die botsing veroorsaak het nie, maar die impak daarvan het veroorsaak dat die taxi gerol het. Pasiënte van al drie voertuie is op die toneel behandel. Die taxibestuurder het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Ander pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem,” het Wicks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.