22 varke van kant gemaak

Argieffoto.

Altesaam 22 mishandelde varke moes Donderdag deur die DBV van kant gemaak word.

Leana Barnard, ʼn woordvoerder van die DBV, sê die varke is op ʼn plaas naby Vereeniging, Gauteng, gekry en het verskeie siektes en velprobleme gehad.

“Die diere was in ʼn baie slegte toestand en het erg gely. Die mees menslike ding wat ons kon doen, was om hulle uit te sit,” het Barnard gesê.

Volgens Barnard het die DBV ook vier honde en nege babahondjies van die plaas gekonfiskeer. Die honde word by die Vereeniging-tak van die DBV aangehou.

ʼn Kriminele klag gaan teen die plaaseienaar aanhangig gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.