220 renosters reeds in 2012 gestroop

Stropers het reeds 220 renosters sedert die aanvang van die jaar doodgemaak, het die departement van omgewingsake Maandag gesê.

“Die Kruger Nasionale Park, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal is die swaarste hierdeur getref. 207 renosters is reeds die jaar in dié gebiede gestroop,” het die departement gesê. In 2012 is 146 mense reeds in verband met renosterstropery in hegtenis geneem. Verlede jaar is 448 renosters deur stropers doodgemaak. “Die departement, ons provinsies en sy openbare entiteite soos SANParke beskou dié onwettige stropery in ʼn baie ernstige lig. Ons sal voortgaan in ons stryd om hierdie misdaad uit te roei.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.