224km/h want hy was “kwaad vir sy meisie”

Argieffoto

‘n 28-jarige man wat glo vies was vir sy meisie het Vrydag teen 224km/h op die N1 naby die Grasmere-tolplaza gery.

“Hy het aan beamptes gesê hy is baie kwaad vir sy meisie, en het sy voet op die versneller neergesit. Sy meisie het langs hom in die swart BMW M3 gesit,” het hoofsup Wayne Minnaar, woordvoerder vir Johannesburgse metropolisie, gesê.

Die man van Lenasia is omstreeks 02:00 aangekeer en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Johannesburg verskyn. Minnaar sê nog ses bestuurders wat meer as 160km/h in ‘n 120km/h-sone gery het, is op die N1 aangekeer. Hulle sal ook na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.