227 renosters al vanjaar gestroop

ʼn Totaal van 227 renosters is sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak en 148 mense is in dié verband in hegtenis geneem.

Luidens statistieke wat Maandag deur die departement van omgewingssake bekend gemaak is, het die Krugerwildtuin altesaam 137 renosters verloor, wat vir meer as die helfte van die somtotaal opmaak. Die drie provinsies wat die meeste renosters verloor het, is Limpopo met 31 gevalle en Noordwes en Kwazulu-Natal met 23 gevalle elk.

“Uit die 148 inhegtenisnemings is 131 mense as stropers aangekeer, tien as koeriers, ses as kopers en een as uitvoerder,” het Albi Modise, die departement se woordvoerder, gesê.

Verlede jaar se statistieke het ʼn rekordgetal van 364 renosterstropings getoon.

Mense met inligting oor renoster-stropery kan dit op 0800-205-005 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.