Altesaam 23 mense is Vrydag in twee afsonderlike minibustaxi-ongelukke in KwaZulu-Natal beseer.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê 15 mense is in een ongeluk beseer toe ʼn taxi op die N2-snelfweg naby Rossburgh omgeslaan het nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die beseerdes is na verskeie hospitale in die omgewing geneem.
“In die ander ongeluk is agt mense in Pietermaritzburg beseer nadat ʼn taxi en ʼn voertuig in ʼn kruising in Longmarketstraat gebots het. Al die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.
Die oorsake van die ongelukke word deur die polisie ondersoek.