23-jarige stapper val na sy dood

Robert Barclay

Robert Barclay (23) wat sedert Saterdag vermis is nadat hy by ʼn oord in die Bainskloof-natuurreservaat in die Wes-Kaap gaan kamp het, se liggaam is Dinsdag opgespoor.

Barclay, van Botswana, is Saterdag omstreeks 18:00 vir die laaste keer deur sy vriende gesien toe hy op sy eie sonder ʼn rugsak gaan stap het.  Barclay was ʼn ervare stapper.

ʼn Grootskaalse soektog is Sondag van stapel gestuur met 79 vrywilligers wat help soek het. Maandag is spoorsnyers se hulp ingeroep om te help soek. ʼn Ondersteuningsgroep is ook intussen deur sy familie op Facebook gestig.

ʼn Familielid het Dinsdag in die groep bevestig dat Barclay se liggaam opgespoor is. Hy het glo van ʼn krans af geval. Sy liggaam is in ʼn kloof gevind.

Barry Bousfield, Barclay se oom, sê die gesin is verpletter deur die nuus. “Robbie was ʼn lieflike en pragtige mens wat ons altyd na aan ons harte sal dra. Ons wil almal vir hul ondersteuning bedank,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.