24 000 motoriste vir oortredings aangetree

Meer as 24-duisend motoriste is vir verskillende oortredings in die eerste kwartaal van vanjaar in hegtenis geneem. Die Departement van Vervoer het gesê dit vorm deel van die Nuwe Nasionale Wetstoepassingsplan en die miljoen-‘n-maand voertuigtoetse wat Minister Sibusiso Ndebele, in Oktober 2010 aangekondig het. Die Departement het gesê van Januarie tot April 2012 is 24-duisend-703 bestuurders vasgetrek. Dit sluit in meer as seweduisend weens dronkbestuur, 378 weens roekelose of nalatige bestuur, 908 vir spoed, 391 vir oorlading en 12-duisend-900 vir uitstaande lasbriewe.

– RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.