24 gered na nóg ‘n skip strand

Foto: East Coast Radio

Altesaam 24 mense is Maandagmiddag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered nadat ‘n skip naby Richardsbaai gestrand het.

Die voorval het Maandag net voor 15:00 naby Alkantstrand plaasgevind. Die skip het glo in rowwe seetoestande op ‘n sandbank beland.

“Die besonderhede van die voorval moet deur die hawe-owerheid ondersoek word,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Paramedici het die persone ondersteun toe hulle na veiligheid gebring is. “Alhoewel hulle geskok was, het niemand enige beserings opgedoen nie.”

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Vonk ·

Ek wonder of die skepe nie soms doelbews strand nie,versekering doeleindes dalk ?

antonie ·

Ja…want hier om die Kaap punt rond is mos nie meer maritieme beskerming skepe nie…is blykbaar almal op die droog dokke…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.