24-jarige ma en 2-jarige dogtertjie word vermis

Belinda Schoonwinkel Foto: Verskaf

Belinda Schoonwinkel, ‘n 24-jarige ma en haar tweejarige dogtertjie van Bethlehem, word sedert Vrydag vermis.

Belinda se man, Tjaart Schoonwinkel (31) het Maandag haar en hul dogtertjie, Ané, by die polisiestasie in Bethlehem as vermis aangemeld, berig OFM. Belinda en Ané is Vrydag laas gesien toe sy hul huis saam met Ané verlaat het. Belinda het haar selfoon by die huis gelos. Na bewering bevind sy haar moontlik in Reitz. Die polisie doen ‘n beroep op Belinda of enigiemand wat weet waar sy haarself bevind om met ao Edward Faba in verbinding te tree deur 083 776 4307 te skakel.

Ané Schoonwinkel Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.