24-jarige vrou sterf

ʼn 24-jarige vrou is dood nadat haar voertuig Sondag op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp gerol het.

“Die vrou het beheer oor haar voertuig verloor. Die voertuig het verskeie kere gerol en sy is in die proses uit die voertuig geslinger. Haar liggaam was sowat 50 meter van die wrak gevind. Sy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911 gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.