24 vas; 2 bordele in JHB gesluit

Die Valke het ná ‘n klopjag twee vermeende bordele aan die Oos-Rand in Johannesburg gesluit.

Kapt. Paul Ramaloka, woordvoerder van die Valke, het gesê die klopjag is Vrydag uitgevoer en 24 mense is in hegtenis geneem. “Ons het beslag gelê op R31 000 van die bordele,” het Ramaloka gesê.

“Vier vroue van Thailand en twee vroue van Sjina is tydens die eerste klopjag in Malvern in hegtenis geneem. ‘n Man, wat vermoedelik die eienaar is, is ook in hegtenis geneem,” het Ramaloka bygevoeg. Volgens Ramaloka het hulle beslag gelê op R15 000 wat vermoedelik inkomste uit die besigheid was.

Die polisie het op R16 000 kontant beslag gelê by die tweede klopjag in Edenvale. “Ons het 14 vroue van Thailand en een Suid-Afrikaanse vrou in hegtenis geneem. ‘n 47-jarige man van Joegoeslawië, wat vermoedelik die eienaar is, en ‘n man van die Kongo is ook in hegtenis geneem.

Almal sal Maandag in die landdroshof in Germiston verskyn waar die eienaars ‘n aanklag in die gesig sal staar dat hulle ‘n bordeel bedryf het. Van die vroue is sonder voldoende dokumentasie in die land en hulle sal van onwettige immigrasie en prostitusie aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sella ·

Aggnee, die vrouens word aangekla. WONDERLIK. Lees die mense nie koerante nie?????????

Suid Afrika is een van die lande wat die meeste en grootste aandeel het in Mensehandel in Afrika. Vrouens uit Thailand is heel moontlik meisies wat ontvoer of onder valse voorwendsels na die land gelok word en as SLAWE .

Vir meer informasie lees berigte en stats by “The Freedome Project” van CNN of info van A21 (daar is nog baie meer organisasies wat werk om die “Human Trafficing” dilemmaoor die wêreld te keer.

Wonderlik as die bordele toegemak en die eienaars gevang word…maar die berig is in die lyn van Mensehandel ´n nagmerrie vir die vrouens wat se lewens die laaste jare in groot hel was (in ons land!!!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.