25 brande in KwaZulu-Natal bekamp

Veldbrande wat oor die naweek in KwaZulu-Natal uitgebreek het, is Maandag onder beheer gebring.

Volgens Tracey Carter, ʼn woordvoerder van Working on Fire, was daar sedert Vrydag 25 brande in die provinsie  aangemeld. Dit het groot skade aan veral plantasies en weivelde aangerig.

Die noorde van KwaZulu-Natal en die Hluhluwe-natuurreservaat is die ergste geraak. Stormsterkte wind het grootliks daartoe bygedra dat brande versprei het. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.