25% voedsel wêreldwyd vermors

ʼn Verslag wat pas deur die UN Environment Programme (UNEP) bekendgestel is,het bevind dat een uit elke vier eenhede voedsel wat wêreldwyd in die landbousektor geproduseer word, verlore gaan of vermors word. Die studie is Woensdag tydens Wêreldomgewingsdag 2013 in Mongolië bekend gemaak. Die dag se hooffokus was hoe om die vermorsing van voedsel te verminder.

Volgens die verslag word die meeste voedsel in Westerse lande in die verbruikersfase vermors, terwyl daar in ontwikkelde lande twee derdes voedsel vermors word nadat dit van plase geoes en gestoor is.

Die organisasie het gevallestudies van Afghanistan tot Australië bestudeer waar gemeenskappe maniere gevind het om vermorsing te verminder. Die organisasie het voorgestel dat ʼn beleid wêreldwyd onderneem word om vermorsing van voedsel te monitor en om maniere te vind hoe om dit te vermy.

Achim Steiner, uitvoerende direkteur van UNEP, het gesê: “Dit is ‘n buitengewone feit dat daar in die 21ste eeu sowat 25% eenhede voedsel tussen die plaas en die vurk verlore gaan of vermors word. Dit is kos wat gebruik kon word om mense wat honger is te voed. Die produsering daarvan vereis energie, water en grond in ‘n wêreld wat se natuurlike hulpbronne toenemend skaarser word. Daar heers ook bekommernis oor omgewingskwessies, soos klimaatsverandering,” het Steiner gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.