26 verdrink in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 26 mense het reeds sedert die begin van die feesgety in Limpopo verdrink.

“Twaalf van die persone was kinders tussen een en 14 jaar oud,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. Polisieduikers het al die liggame uitgehaal.

Otto raai ouers en plaaslike inwoners aan om altyd te weet waar hul kinders is, en om kinders nie toe te laat om alleen naby damme, riviere of swembaddens te kom nie.

Sy waarsku mense teen die gebruik van alkohol of partytjies naby aan damme en riviere.

“Ons ondervind ook probleme met mense wat gaan visvang as hulle nie kan swem nie,” het Otto bygevoeg. “Hulle val soms uit hul kano’s of gly van die wal af en kan nie swem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GN ·

Dit lyk soos een van die uitgestrekte hande op die (sinkende) nuwe mandela standbeeld – Interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.