27 beseer in busongeluk in Limpopo

Minstens 27 mense is beseer nadat ʼn bus Vrydagoggend op die N1 buite Polokwane omgeslaan het.

ʼn Woordvoerder van die provinsie se departement van vervoer, Joshua Kwapa, sê die bus was onderweg na Zimbabwe toe die ongeluk gebeur het. “Die busbestuurder het aan die slaap geraak waarna die bus teen ʼn versperring vasgery en omgeslaan het. Niemand is in die ongeluk dood nie en die beseerdes is op die toneel behandel.” Kwapa sê intussen dat sowat 7 000 motors tussen middernag en 6uur vanoggend deur die Kranskop-tolhek beweeg het. “Mense is ongeduldig weens die opeenhoping. Ons vra mense om geduldig te wees op die paaie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.