27 sterf in gru-ongeluk

BTbA1KyCEAApiFU

Foto: ArriveAlive/Twitter

27 mense is Donderdagaand dood en 32 beseer in ’n gru-ongeluk in Pinetown, KwaZulu-Natal, nadat ʼn vragmotor teen vier minibustaxis’s en ʼn motor gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het kort voor 19:00 op die hoek van Field’s Hillweg (M13) en Richmondweg gebeur. Vermaak sê talle lyke en wrakstukke het oor die pad gestrooi gelê.

Volgens ooggetuies het die vragmotor glo in Fieldshillweg gery toe dit naby die kruising in die voertuie vasgery het. Die vragmotor se remme het glo nie gewerk nie.

“Meeste van de mense is uit die voertuie geslinger weens die impak. Die brandweer en reddingsdienste moes meganiese toerusting gebruik om mense uit die wrakstukke te verwyder,” het Vermaak bygevoeg. Hy sê tien mense is kritiek beseer in die ongeluk.

Die presidensie het Donderdagaand in ʼn verklaring gesê Jeff Radebe, waarnemende president, is geskok deur die ongeluk. Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, sê Radebe het Zuma, wat die G20-beraad in Rusland bywoon, ingelig oor die ongeluk.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het intussen beveel dat ʼn hoëvlakondersoek gedoen word. Peters het haar meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.

BTa5R0rCcAAs1bp

Foto: ER24/Twitter

BTbAas5CMAA69Lv

Foto: ArriveAlive/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Eben ·

As dit blankes was, sou zuma ook ingelig geword het? Dis altyd trokke se remme, is daar ooit gekyk na die bevoegheid van die drywer, het hy die probleem by firma rapporteer? As daar niks aan gedoen is, hoekom weer gery ….. en so kan mens aangaan en dit gaan nie die mense terug bring om vir die anc te stem volgende jaar

Jasper ·

4 Taxi’s en I motor. Het lg, nie dalk n “Blou Lig” op gehad nie ?

vuurvreter ·

More mense. Janee altyd remme wat nie werk nie. Glo my dit was weer teen n helse spoed. En die vragmotor was seker nie eers padwaardig nie soos gewoonlik.

Trippie ·

Goeie môre al julle lawwe katte en wille “bulle” … nee gits, ek is 4 uur soggens al op !

Nogal met ‘n lied in die hart opgestaan TOTDAT ek die pad aangedurf het … en die een taxi na die ander my mhur gekoer het !

Goue herinneringe aan my moedertjie, sou haar verjaarsdag wees vandag ! As sy vandag nog geleef het, het ek verseker vir haar gesing !

Firma waar ek werk het op 1 September “verjaar” … 49ste bestaansjaar – ons gaan lekker uit-eet vanmiddag … en julle moet die fort hou hier.

***

Nou-ja, almal weet hoe ek voel oor die addergeslag, en voeg by die taxi’s – hoeveel onskuldige mense se lewens moet nog geneem word voor hierdie wetters van die paaie af verban word.

♥ vir al my Maroela-vrinne ♥ lief julle STUKKEND ♥

Willy ·

Goeiemôre fans. Ook aan Susan en die Maroela span. Dankie dat julle nog met ons kan huishou. Ek klink soos Gerrie Coetzee toe hy die wêreldkampioen geword het. Vra die onderhoudvoerder hoe hy voel? Sê hy: Ek wil net my ma Meisie, my hond Wendy en my borg Defy bedank.
So sê ek dankie aan almal vir die lekker kuier en die daaglikse lekker lag.

JAVR ·

Ja Shame, more Willy!!! Wil ook nie hulle werk hê partykeer nie maar aan die ander kant kan dit nogal heel vermaaklik wees nê. Hoop maar ons sorg vir glimlaggies van hulle af!

Willy ·

Jy moet jou verjaarsdae vandag geniet Trippie.
Dis so lekker om te besef, glo en weet dat ons siele onsterflik is.
Ook so dat geliefdes bly voortleef in mens se hart.
Geniet haar verjaarsdag en ons gaan saam met jou sing want ons is in jou koor.
Seker het jy hierdie liedjie vir jou ma gesing.
Sy gaan gou vir ons die noot gee.

No space or time could take me away from you
Not ever no no no not never
Ain’t nothin’ or no-one can split us in two
Not ever not never no no

Sweet memories of the love you gave me.
Lisa Stansfield

Trippie ·

Dankie JAVR en Willy !

Ook vir die mooi “song” ! Glo jy weet ek het eers ‘n paar traantjies gestort, vandaar die laat “dankie’sê” !

NS: Nou weer in beheer van my emosies … en … fighting fit !

XXX

JAVR ·

Dis die gees ou Trippie!!! altyd fighting fit wees. Geniet jou daggie hoor.

jasper ·

Hou dop. As die vragmotor se eienaar n Blanke is, gaan hulle die blaam op hom plaas.

Waaksaam ·

natuurlik !! hoe dan anders …. indien nie, sal dit die remme se skuld wees en als sal stilletjies verdwyn en niks van kom nie.

Stoere Boer ·

Vanoggend groot gesprek in my kantoor oor al die “arme mense” wat in KZN die afgelope week hul lewens verloor het. En natuurlik word verwag dat jy baie simpatiek moet wees tussen al die skimpe. Laat dit nou blankes wees dan word dit nie eers genoem. Kan seker raai my kantoor sien nogal donker uit.

JAVR ·

Simpatie broer! Ek dink baie keer mense gee simpatie omdat dit verwag word van hulle! Ek gee simpatie wanneer ek voel dis geregverdig anders is ek jammer kan ek nie sê ek is jammer sonder ‘n smile nie.

Rudi ·

Ag shame ouens, moenie nou politiek hiermee speel nie! Dis mos ‘n tragedie enige tyd as onskuldige mense hulle lewens so verloor. Al voel mens nie besonders emosioneel daaroor nie (ek doen nie; ek het niemand daar geken nie) is dit mos net medemenslik om jou simpatie mee te deel. Maar dis nou net my opinie…

Jacoba ·

Hulle kry geen simpatie van my af nie al te veel van my gelieftes seer gemaak baie seer gemaak. Hulle stap net in jou huis en doen wat hulle wil.

Minnie ·

ek voel jammer oor die verlies van onskuldige lewens veral kinders wat hulle lewe so vroeg moes verloor….maak nie saak watter kleur die vel is nie, daar is mense wat in diepe vedriet geslinger is vandag!!! Diepe simpatie met almal wat agter bly.

Ina Chatwind ·

Mense, elke persoon wat in daardie ongeluk omgekom het, is iemand se ma, pa, kind, broer, suster, man, vrou,ens. Maak nie saak watter kleur hulle vel is nie, hulle voel hartseer oor geliefdes wat hulle verloor het. Hierdie is ‘n menslike tragedie en het niks met julle politieke gevoelens te doen nie. As jy geen meegevoel het nie, is dit jou saak, maar laat asb die politieke gevoelens en ongegronde haat daaruit. Ek is seker julle geliefdes is nie seergemaak deur hierdie spesifieke ongelukslagoffers nie.

Rudi ·

Ek stem. Dis skokkend dat mense so ‘n uiters tragiese gebeurtenis sou neem as ‘n verskoning om rassepolitiek te speel. En ek is onaangenaam verras om te sien hoeveel van my volksgenote blykbaar ‘n gebrek aan basiese medemenslikheid het. Ongelooflik.

Ina Chatwind ·

Verwyder dit as julle nie daarvan hou nie. Dis ‘n vry land hierdie en ek is geregtig op my opinie.

Rudi ·

En wat op dees aarde het dit te doen met onskuldige mense wat in ‘n ongeluk omkom? As hierdie almal ‘n spul tsotsi’s was wat op pad na ‘n plaasaanval was, sou dit nog een ding wees. Maar die slagoffers hier het sover ons weet niks met sulke misdade uit te waai nie! Ongeag wat ander mense met dieselfde velkleur doen, is hierdie nog steeds ‘n sinnelose en tragiese verlies aan lewe. Dit behoort nie eens nodig te wees om so iets te verduidelik nie! Ondersoek jou gesindheid.

a.lombard ·

Om padongelukke te vermy, moet die wet verander dat voertuie elke jaar voledige padvaardigheid ondersoeke moet ondergaan, deur werktuigkundiges van “Garages” en die herstelwerk van die voertuig gedoen word alvorens die voertuig weer mag op die pad gaan. Om enige korrupsie en omkoop van Garages te vermy, moet indien die voertuig ‘n ongeluk veroorsaak toe te skryf aan meganiese foute…die Garage sowel as die eienaar verantwoordelik gehou word.

Alternatiewelik ..behoort alle swaar voertuig bestuurders vir ‘n herevaluering van die pad gehaal word, sowel en definitief alle taxibestuurders.

Die verlies aan mense lewens hetsy blank/swart/pienk/welke kleur ook al bly steeds ‘n ekonomiese/finansiele verlies van die werkgewer/assuransie maatskappy…en die lewens lange verdriet van families.

Suid Afrika het die hoogste padongelukke , en dit is die Regering die moet sorg dat dit verander. Die eenmalige verkeersbeamptes op die pad tydens vakansies/ langnaweke is geldmors, doen
eers die padopvoeding korrek en dan kan die dood vermy word. Die enigste voordeel uit die verdriet is die begrafnis ondernemers die sing tot by die bank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.