28 000 vragmotorbestuurders staak

Sowat 28 000 vragmotorbestuurders van die vakbond Satawu het Maandag begin staak nadat loononderhandelings ‘n dooie punt bereik het.

Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het gesê sy lede het ooreengekom om te staak en nie hul pligte na te kom nie. Die bestuurders dring aan op ‘n loonverhoging van 12% vir 2013 en 2014, maar hul werkgewers bied slegs ‘n verhoging van 8% aan. Vincent Masoga, woordvoerder van Satawu, het gesê die staking sal Dinsdag voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.