Altesaam 29 mense is beseer in ʼn busongeluk naby die Natal Spa Hot Springs naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.
“Die ongeluk het Saterdagaand gebeur,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die nooddienste, in ʼn verklaring gesê. “Twee mense is kritiek beseer, agt het ernstige beserings opgedoen en die res het slegs geringe beserings opgedoen.”
Die beseerdes is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.
“Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” het McKenzie gesê. -SAPA