29 sterf in Thailand-busongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 29 mense is dood en vier erg beseer ná ʼn bus in Thailand in ʼn diep kloof beland het, het die polisie Vrydag gesê.

Die ongeluk het Donderdagaand omstreeks 00:00 plaasgevind in die Phetchabun-provinsie. Die bus was onderweg na Chiang Rai.

“Ons vermoed die busbestuurder het aan die slaap geraak,” het gen.maj. Sukit Samana, polisiebevelvoerder van Phetchabun-provinsie, aan AFP gesê. “Daar was 28 liggame in die kloof, wat sowat 30 m diep is. Een persoon het in die hospitaal gesterf.”

Vier ander is steeds in ʼn kritieke toestand.

“Volgens ʼn ooggetuie het die bus baie vinnig gery voordat dit in die kloof beland het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.