Robert Mulaudzi van die Johannesburgse nooddienste sê die drie boeties het Woensdagoggend omstreeks 01:00 in hul huis in Zola, Soweto verkool, berig EWN. Hul pa het glo petrol op die huis gegooi ná ‘n huishoudelike onderonsie. Die verbrande huis is nou ‘n misdaadtoneel.
Een van die bure het gesê sy het tydens die stryery met sy vrou Dinsdagaand gehoor hoe die man dreig dat hy die huis sou afbrand. Die ooggetuie sê hulle het later die vlamme gesien en na die huis gehaas. Bure het die deur afgebreek en die vuur probeer blus. Philane (10), Zanele (8) en Mpumi Radebe (3) het al drie in die brand omgekom. Hul ouers het ernstige brandwonde opgedoen en is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.
Die pa sal moontlik in hegtenis geneem word.